Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 28 SEPTEMBER 2014

Goeiemôre en welkom, jy kan nou luister na die weeklikse nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga gelees deur ________________________ (naam, roepsein en QTH waar toepaslik).

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag om 08:15 plaaslike tyd 'n nuusbulletin in Afrikaans en om 08:30 plaaslike tyd in Engels uit op HF en verskeie BHF en UHF herhalers landswyd. Vir Echolink luisteraars is daar 'n herleiding deur ZS0JPL. 'n Potgooi is ook beskikbaar op die Suid-Afrikaanse Radioliga webblad.

Hierdie oudio bulletin kan van die Suid-Afrikaanse Radioliga se webblad, www.sarl.org.za, afgelaai word. 'n Teksweergawe van hierdie en vorige bulletins kan ook daar verkry word en jy kan ook inteken om nuwe bulletins per e-pos te ontvang.

IN DIE NUUS VANDAG:

BOODSKAP VAN DIE IARU PRESIDENT

RTA BESOEK PORT ELIZABETH OP 4 OKTOBER

23STE IARU STREEK 1 ALGEMENE KONFERENSIE EINDIG IN BULGARYE EN ’N NUWE UITVOERENDE KOMITEE WORD VERKIES

HABEX WORD WEER GELANSEER OP 4 OKTOBER

Bly ingeskakel vir hierdie en ander belangrike nuus.

** Die IARU president, Tim Ellam, VE6SH, het in sy toespraak tydens die konferensie gesê amateurradio staan voor groot uitdagings en daar sal staat gemaak moet word op lede en lidlande om doelwitte van die unie te bereik.

In 2015 sal daar ook `n nuwe bestuur in die ITU wees en daar sal samewerking moet wees om die voordele van amateurradio te kan verstaan. Intussen is WRC-15 ook byna op ons drumpel en ons hoofdoel sal wees om die bestaande radiospektrum te bewaar en te onderhou.

Terwyl daar hard gewerk was vir ondersteuning van die 5 MHz band, was die hoofdoel van toekomstige agendas nie uit die oog verloor nie. Die agenda items het onder meer die verkryging van nuwe spektrum toekennings ingesluit

Om die doelwitte te bereik sal die IARU binnekort skrywes aan die verskillende lidlande rig om te verduidelik hoe te werk gegaan sal word om steun te werf vir die 5 MHz agenda item by die WRC-15. Ons bedank lidlande wat alreeds die saak onder hande geneem het en vra almal se steun.

** Port Elizabeth sal die volgende hawe wees waar die huidige reeks SARL Radio Tegnologie in Aksie Symposia sal aandoen. Op Saterdag 4 Oktober sal hierdie geleentheid plaasvind by Magnetic Storm in Newton Park. Meer inligting asook die volledige program en besprekingsvorms kan nou reeds vanaf die SARL se webblad afgelaai word. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Oktober 2014

Die hoofspreker tydens hierdie geleentheid is Prof Ernest van Dyk, Direkteur van die Sentrum vir Energie Navorsing. Sy praatjie sal fokus op die Suider Afrikaanse Radiometriese netwerk, wat beoog om hoe resolusie grond gebaseerde radiometriese data vanoor die hele Suider Afrika beskikbaar te stel.

Ander aanbiedinge sluit antenna model sagteware, die nuwe SARL digitale koppelvlak, digitale modulasie, slimfoon toepassings vir amateurradio en ook die 5 MHz navorsings projek in. Moet dit nie misloop nie.

** Die SARL afgevaardigdes na die IARU Streek 1 konferensie, Geoff Levey, ZS6C, Rassie Erasmus, ZS1YT, en Riaan Greeff, ZS4PR, het die afgelope week die 23ste Algemene Konferensie in Albena, Bulgarye bygewoon. Nasionale verenigings van 43 lande uit Europa, Skandinawië, Asië en Afrika het verteenwoordigers gestuur om te besluit hoe te werk gegaan sal word om die toekoms van Amateurradio te verseker. Vordering is gemaak met onderwerpe wat van uiters belang was vir amateurradio, soos beskerming van die frekwensie spektrum asook dalende getalle van amateurs.

In die geval is Liza Leenders, PA2LS, die Streek 1 jeug koördineerder `n toonbeeld van iemand wat vooruitgang en deursettingsvermoë getoon het. Ander sake onder bespreking het ingesluit finansies en lidmaatskap asook werk wat alreeds deur verskillende werkkomitees hanteer was.

Aandag is ook gegee aan noodkommunikasie, jeug programme, ARDF, Ontwikkeling van amateurradio in ontwikkelende lande, spektrum ontwikkeling en beskerming daarvan deur die ITU, CEPT en Ruimte en hoëspoedtelegrafie.

Van belang was die amendement tov die Politiese Skaelingskomitee vir die EMC wat duidelike riglyne neerlê vir Streek 1 hoe om steun op regerings en besigheidsvlak te werf tov sake van die EMC verwante wette en standaarde.

Ander sake wat ook aandag gekry het was belangrike spektrum areas soos LF/ HF,
VHF / UHF / MIKROGOLF, bandbeplanning, kompetisies, satelliet en digtale TV, oorgrens QSL bestuur, en skadelike QRM.

Laastens was ook aangespreek jeugaktiwiteite, kopiereg en morsekode. `n Volledige uiteensetting van werk wat afgehandel was sal binnekort op die webblad van IARU streek 1 gepubliseer word.

** Die Streek 1 Roy Stevens, G2BVN, Gedenk-trofeë is toegeken aan Gaston Bertels, ON4WF, vir sy voortreflike diens aan amateur radio oor baie jare. Gaston was die voorsitter van die Eurocom Werkgroep en daarna die voorsitter van die ARSPEX Werkgroep. Gaston, 87 jaar oud, het besluit om uit te tree as ARSPEX EG voorsitter. Hy het 'n staande applous ontvang toe die toekenning aangekondig is.

** 'n Nuwe Uitvoerende Komitee is tydens die finale vergadering van die 23 IARU Streek 1 Algemene Konferensie verkies. Drie en veertig lidlande was teenwoordig by die konferensie met 17-lidlande deur volmag verteenwoordig. Die Suid-Afrikaanse Radioliga het volmag van die Namibiese Amateuradioliga uitgeoefen.

Die Uitvoerende Komitee vir 2014 - 2017, wat op 31 Oktober 2014 hul ampstermyn begin, is

President: Don Beattie, G3BJ
Vise-president: Faisal Al-Ajmi, 9K2RR
Tesourier: Eva Thiemann, HB9FPM
Sekretaris: Dennis Green, ZS4BS
Lede:
Thilo Kootz, DL9KCE
David Court, EI3IO
Oliver Tabakovski, Z32TO
Ivan Stauning, OZ7IS
Ranko Boca, 4O3A

Die 24ste IARU Streek 1 Algemene Konferensie, aangebied deur die DARC, sal plaasvind in September 2017 in Wildbad Kreuth naby München, Duitsland.

Die SARL bedank die RSGB vir die artikel. Wanneer hulle weer terug is in Suid-Afrika sal die 3 SARL afgevaardigdes volledig terug rapporteer oor hoe die konferensie verloop het.

** Die SARL het OKOSA versoek om die huidige 5 250 kHz bakenfrekwensie aan te pas na 5 290 kHz in 'n poging om Suid Afrika in lyn te bring met Europa en die res van die wêreld. Hierdie verandering sal ook 'n groot verbetering in die wêreldwye bakendekking tot gevolg he. OKOSA het gedurende die afgelope week ingestem tot hierdie verandering. Die verandering sal voorlopig op 4 Oktober plaasvind.

Ten einde WSPR bakens op hierdie frekwensie te ontvang moet jou radio ingestem word op 5 288,5 kHz enkelsyband. Jy kan meer uitvind oor WSPR en ook die installasiepaket af te laai deur die SARL se webblad te besoek en dan die skakels van daar te volg.

** Op 4 Oktober sal die Secunda Amateurradioklub vanaf 06:00 tot 08:00 plaaslike tyd 2 ballonne met amateurradio aan boord lanseer van die Vryburg lughawe. 4 Oktober is ook die datum waarop die Suid Afrikaanse Ruimte week amptelik in aanvang sal neem, asook die herdenking van die lansering van SPUTNIK in 1957. `n Aktiewe replika wat `n morsekode boodskap op 144,076 MHz sal uitsaai sal aan een van die ballonne vasgeheg word.

Stuur asb. `n e/pos aan christo.kriek@live.co.za saam met `n rekenaarskerm uitdruk van die ge-dekodeerde boodskap, datum , tyd , GPS posisie, radio en antenna ,wat gebruik was, om die boodskap te ontvang. Die lanseerspan sal dan `n spesiale sertifikaat aan jou stuur. Indien jy die boodskap deurmiddel van net te luister, kan ontsyfer, stuur dan bg. Informasie aan, sonder `n uitdruk van jou rekenaarskerm.

SANSA en 8o leerders vanuit 8 hoërskole vorm deel van die program. Elke skool het hulle eie data loggers en 2 sensors geprogrameer. 8 data loggers met hulle sensors sal deel uitmaak van die loonvragvan die ballon. Elk van die kinders moes `n Amateurradio toets aflê wat bestaan het uit 10 vrae , as deel van hulle registrasie. Die uitslae sal deel uitmaak van hulle finale aanbieding van hulle take.

Jy kan toegang verkry tot internet en die Webkameras op die Vryburg lughawe lanseerterrein, Hartbeeshoek asook by Secunda Hoërskool deur `n e/pos te stuur aan christo.kriek@live.co.za .
Die eerste ballon sal skuins na 06:00 plaaslike tyd gelanseer word. Grondstasies, mobielestasies, Secunda Hoërskool en Hartbeeshoek sal HF op 80 meter op `n frekwensie van 3.650 Mhz of 40 meter op 7.080 of 20 meter op 14.280 gebruik vir kommunikasie. Bande en frekwensies mag verander na gelang van toestande. As jy die grondstasies hoor kommunikeer hou asb die frekwensies oop vir grondkontrole kommunikasie. As jy enige terugvoer wil gee spesifiek wanneer die baloone begin daal, gee dit asseblief deur op die genoemde frekwensies.

As gevolg van die lae APRS Digipeater en die digtheid van IGATE in die Vryburg area word amateurs in die aangrensende areas versoek om te help om die loonvrag op te spoor. Dit is uiters noodsaaklik dat die die loonvrag opgespoor moet word, aangesien daar dataloggers van verskillende skole aanboord is. Die skole benodig die dataloggers om hulle take af te handel.

`n Sweeftuig wat deel uitmaak van die HABEX program sal ook op 4 Oktober gelanseer word. Op dieselfde dag sal die UNISA universiteit by die Hoëskool Secunda `n ROBOTICS uitstalling aanbied, en SANSA sal deur middel van webkameras `n aanbieding lewer tov. GPS`e

Loonvrag frekwensies
Hoofballon: APRS RX 144.8 FM
MORSE telemetrie RX 432.075 FM
SPUTNIK MORSE RX 144.075 FM
Bemanning kommunikasie HF 40/80 met.
Webkamera
2 de Ballon :APRS opsporing RX 144.8 FM
RTTY 433.92 USB / 50 baud 500 shift ascii7,n,1
3de Ballon ; Afstand beheerde sweeftuig
Webkamera

Skype /Web kamera : registreer by www.anymeeting .com en stuur jou e/pos adres na christo.kriek@live .co.za vir toegnag tot die webkameras.

Jy luister na `n nuusuitsending van die SUID AFRIKAANSE RADIOLIGA wat gelees word deur ....................................en ons gaan nou voort met LIGANUUS en nuus van `n plaaslike aard.

** Aansoeke om lidmaatskap van die SARL is van die volgende radioamateurs ontvang:
Pieter J M van den Berg, ZR6PJM;
Richard Hooper, ZS6RKE
Vincent G Potgieter, voorheen ZR6VIN tans ZS6UB.
Enige besware teen die aanvaarding van lidmaatskapaansoeke moet die Sekretaris bereik voor of op die Dinsdag na hierdie bulletin.
Lidmaatskaptal van die SARL is tans 1459 en 31 geaffilieerde klubs.

** ** DIE SARL vra verskoning vir die vertraging ten opsigte van die aflewering van die gedrukte weergawe van die huidige Radio ZS tydskrif. Dié vertraging is te wydte aan die verandering van drukkers asook die huidige staking by die Suid Afrikaanse Poskantoor. Die huidige staking duur reeds 5 weke en raak tans ook die aflewering van boeke na en van die Suid Afrikaanse Amateurradio Ontwikkelings trust.

** Die laaste ZS6PTA Mega Vlooimark vir 2014 word op Saterdag 4 Oktober 2014 vanaf 08:00 tot 11:00 by die Pretoria Motor Klub in Silverton gehou. Almal is welkom. Vir meer inligting of om 'n tafel te bespreek, kontak Almero, ZS6LDP op 0839388955.

** Die Oktober been van die SARL 80 meter QSO Party word aangebied op Donderdagaand 2 Oktober vanaf 17:00 tot 20:00 UTC met aktiwiteit tussen 3 603 en 3 650 kHz asook 3 700 to 3 800 kHz. Bevestiging van die kontak is die uitruiling van roepseine van die stasies en ook 'n sein rapport met die operateurs se name. 'n QSO met 'n Suid Afrikaanse stasie tel 10 punte terwyl QSO met stasies buite die landsgrense 15 punte tel. Logstate moet ingedien word voor of op 11 Oktober 2014 by zs5lp@vodamail.co.za

** Jamboree op die lug en CQ Hou Koers is aanstons voor ons deur. Hierdie twee geleenthede vind tussen Vrydag 17 en Sondag 19 Oktober plaas. CQ Hou Koers word aangebied op Saterdag 18 Oktober. Besoek die webblad httpp :// scouts.org.za om 'n Padvindergroep in jou area te vind. Die voortrekker groepe kan op hul webblad www.voortrekkers.org.za gevind word.

** Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die sonaktiwiteitsvlak gematig gaan wees. Sonvlek AR2172 het 'n komplekse magneetveld wat M-klas sonfakkels tot gevolg kan hę.
Vir diegene wat hulle eie frekwensievoorspellings wil doen, die verwagte effektiewe sonvlektelling vir die week is ongeveer 100.
Amateurs gaan die 20 tot 10 m DX-bande geniet met moontlike opwindende 10 m openinge.
Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

DAGBOEK
2 0KTOBER SARL 80 QSO PARTY
4 OKTOBER RTA IN PORT ELIZABETH
4 OKTOBER HABEX LANSEER VAN VRYBURG LUGHAWE
4 OKTOBER ZS6PTA BIED LAASTE VLOOIMARK AAN VIR 2014-09-27
17-19 OKTOBER JAMBOREE ON THE AIR
18 OKTOBER CQ HOU KOERS.

VOOR ONS AFSLUIT KOM ONS KYK EERS WEER NA DIE HOOFBERRIG.

Die IARU president, Tim Ellam, VE6SH, het in sy toespraak tydens die konferensie gesê amateurradio staan voor groot uitdagings en daar sal staat gemaak moet word op lede en lidlande om doelwitte van die unie te bereik.

Dit bring ons dan aan die einde van hierdie Suid-Afrikaanse Radioliga nuusbulletin, vind meer uit oor hierdie en ander nuus deur die SARL se webtuiste te besoek.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 Plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082, 7 205 en 17 660 kHz 'n potgooi deur Dick, ZS6RO en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor die land.

'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 3 230 kHz plaas.
Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.

Sentech borg die uitsendings op die nie-amateurfrekwensies.

Die SARL se nuusdiens nooi klubs en individue om nuusbrokkies van belang vir radioamateurs en kortgolfluisteraars in te dien. Plaas nuusberigte - indien moontlik - in beide Engels en Afrikaans op die SARL webtuiste onder die newsinbox skakel te plaas nie later as die Donderdag wat die bulletindatum voorafgaan nie.

Jy het geluister na 'n nuusuitsending van die Suid Afrikaanse Radio Liga saamgestel deur Johann du Plessis ZS6PSS en geredigeer deur Dawie Conradie ZR6DHC

Die Afrikaanse nuusspan groet nou en wens jou 'n mooi week toe. Totsiens

/EX


Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003